Arno Jordaan
Arno Jordaan is in Port Elizabeth gebore en het aan die Hoërskool Brandwag as onderhoofseun gematrikuleer. Sy grootste belangstelling toe, was rugby en hy het die Oostelike provinsie verskeie kere by die Cravenweek verteenwoordig.
In 2003 het Arno en sy sangmaat, Susan mense laat regop sit met hulle vertoning in die Kyknet Zing realiteits-sangkompetisie. Suid-Afrika het begin kennis neem van die blondekop hartebreker wat nie net kan sing nie maar ‘n ware “entertainer” is wat harte steel. Arno en Susan het die land vol getoer. Musiek het die oorhand gekry en Arno het sy rugbyskoene in die kas gepak en sy musiekloopbaan volstoom aangepak.

Een ding wat duidelik uit staan as jy na Arno se sosiale media platforms kyk, is die feit dat hy ‘n groot familie man is. Hy het op 14 Januarie 2012 met sy pragtige vrou Lizanie getrou en op 12 Desember 2013, pa geword met die geboorte van sy eerste seun, Milan. Drie jaar later is sy tweede seun, Luka gebore. Arno is ‘n trotse pa wat gereeld rugby wedstryde, stoei en tennis oefeninge bywoon.

Deesdae hou hy ook sy lyf stigter van die Boobaloo expo, een van die grootste baba en kleuter expo wat Suid Afrika al ooit gesien het. Maart 2018 was die heel eerste een wat gehou was en met groot sukses! Gevolg deur Maart 2019 en Augustus 2019 met dieselfde sukses. Hy beplan al klaar 2020 se expo

Met die vrylating van Arno se nuutste musiek video, is dit duidelik dat jag een van Arno se grootste
stokperdjies is. Hy en sy familie hou jaarliks ‘n jag reis waar hul Suid Afrika se pragtige jag
bestemmings besoek. Arno en sy vrou reis ook die wêreld plat en het onlangs terug gekom van hulle vakansie in Italië. Arno ondersteun ook graag SA Rugby, veral met sy vroeë belangstelling in rugby en waar hy verskeie geleenthede gehad het om die Oostelike provinsie te verteenwoordig by Cravenweek.
Shows
december 2023
No Events
january 2024
No Events
february 2024
No Events
Albums
Kontak Ons
Kontak gerus vir Vaughn vir besprekings op thelegacyevents@gmail.com of 082 301 0820.